
ATKV-gholfdae ten bate van ATKV-AbbAsorg
Om ‘n kind vlerke te gee, het ‘n kind ‘n ma, kos en stimulasie nodig. Maar nie alle kinders in Suid-Afrika is gelukkig genoeg om al hierdie dinge te hê nie, en daarom het die ATKV die inisiatief geneem om ‘n sosio-maatskaplike projek genaamd AbbAsorg te loods.
Dit reën pers in Potch
(klik op die banier vir ‘n groter weergawe)
Vanaf 18 tot 21 Augustus vanjaar reën dit pers in Potchefstroom. Pukkunste, Artéma en Alabama-produksies gooi hulle kragte saam om ‘n opwindende unieke produksie, “Persreën” professioneel in die Sanlam-ouditorium op die planke te bring. Die aanbieding van hierdie produksie word moontlik gemaak deur die ondersteuning van die NWU-PUK Alumnikantoor, die ATKV en OFM as primêre mediavennoot.
Bizzie Lizzie
(klik op die banier vir ‘n groter weergawe)
DIE BESTE VAN BIZZIE LIZZIE – deur LIZZ MEIRING
In hierdie heerlike boek, is 62 van Lizz se beste “Bizzie Lizzie “ rubrieke, wat maandeliks in ‘n vrouetydskrif verskyn Die gewilde rubrieke is opgedeel in buie “moods “ soos “BESIELD “ “BEKAF” ensovoorts. Elke “buie afdeling” word aan die leser voorgestel met ‘n humoristiese vers , ‘n rym talent waarvoor Lizz al lankal bekend is.
ATKV-Jeuginstituut fietstoer
Die ATKV-Jeuginstituut se jaarlikse postmatriekjaar, wat aan leerders na skool die geleentheid bied om eers perspektief op hul lewe en vir hul toekomsplanne te kry, is die groot dryfveer agter hierdie inisiatief.
“Vanjaar huisves ons 25 studente van regoor Suid-Afrika en stel hulle bloot aan ‘n hele reeks kursusse. Ten einde hulle ook ‘n fisiese uitdaging te bied, pak die groep studente vanjaar ‘n lang fietstoer.
ATKV-tak Drakensberg trotseer die KOUE!!!
Op Woensdag, 16 Junie 2010 het ATKV-tak Drakensberg tak hulle hooftakfokus nl “Bewaring van ons kulturele erfenis” gestand gedoen toe hulle Jeugdag op ‘n unieke wyse gevier het! Ongeveer 40 baie dapper stappers het om 6:30 die oggend vanaf ATKV-Drakensville na Retiefpas vertrek van waar hulle die geskiedkundige roete van naastenby 11km aangepak het – presies waar die eertydse held – Piet Retief en sy mense die Drakensberge af is!
ATKV-tak Centurion se Petronel Baard
ATKV-tak Centurion bied aan:
ATKV-Crescendowenner Petronel en bekende kunstenaars saam op die verhoog
Dit vind plaas op 26 Julie in die Centurionteater om 20:00
Petronel stel haar vierde CD “Vonnie” Maandag 26 Julie om 20:00 in die Centurionteater bekend. Haar eerste CD “Hangers in ‘n kas” was deel van die wenprys wat sy as ATKV-Crescendowenner ontvang het.
Hugh – radio se nuutste fonds
Hugh McCabe – die streeksorganiseerder van die Oos-Kaap is die nuutste radio fonds! Hy bied Sondagaande om 18:30 die program Reggebek aan. Die program gesels in die Port Elizabeth metropool met Afrikaanssprekendes oor Afrikaans. Dit is gewaarborgde stimulasie en pret. As jy graag wil luister skakel in op www.bayfm.co.za
Streekontwikkelaar – Dirk Victor
’n Pragtige streek met pragtige takke – Dirk Victor
Dirk Victor is die ATKV-streekverteenwoordiger vir die Wes-Kaap, maar tegnies gesproke sluit sy streek ook dele van die Noord- en Suid-Kaap in. “My streek strek van die Ceres Bokkeveld in die weste, noordwaarts deur Calvinia in die Hantam tot by Carnarvon in die Boesmanland.” Dirk se streek sluit ook dele van die Groot- en Klein Karoo in, en takbesoeke neem hom van takke so ver uitmekaar as Victoria-Wes en Plettenbergbaai. Die Overberg en takke in die Paarl en Wellington val ook in sy streek. Hy reken die gemiddelde enkelrit-afstand van sy kantoor in Oudtshoorn tot by sy takke is omtrent 321km!
Taalgenoot kry ’n nuwe baadjie!
Klik op die banier vir ‘n groter weergawe
Taalgenoot kry ’n nuwe baadjie!
Op 15 Julie 2010 word die nuwe Taalgenoot bekend gestel. Taalgenoot is die ATKV se leefstyltydskrif met ’n tikkie korporatiewe glans wat reeds die afgelope 79 jaar aan alle ATKV-lede gestuur word.




















